Sjoe – kan dit waar wees?

’n Jong buffelbul is vir ’n rekord bedrag van R26 miljoen op ’n veiling by buite Warmbad verkoop.

Die buffelbul met die naam Horison is die duurste wilde dier wat tot nog toe in Suid-Afrika verkoop is. Horison is R8 miljoen duurder as die buffelbul Senatla wat ’n jaar gelede vir R18 miljoen verkoop is.

Horison is vier jaar en tien maande oud en het reeds ’n horing spanwydte van 130cm. Senatla se spanwydte was 127cm.

Volgens Norman Adami, woordvoerder van die Vereniging van Stoet wildboere, is die rekordprys wat vir Horison betaal is ’n bewys van mense se vertroue in die bedryf.