Shell gaan Karoo verrinneweer

Die voorsitter van Shell Suid-Afrika, Bonang Mohale, sê die hulle kan sowat bydra om armoede te bestry deur tot 300 000 werksgeleenthede te skep indien die lisensie toegestaan word om skalie-gas in die Karoo te ontgin.

Die ANC/SAKP regering het die moratorium op hidro -breking verlede week opgehef, wat nou die weg baan vir die ryk oliemaatskappye om met prosesse te begin om vas te stel wat die omvang van die land se skalie-gas reserwes is.

Die moratorium is verlede jaar ingestel kommer uitgespreek is oor die vernietigende uitwerking van hidro-breking op die Karoo omgewing.

’n Woordvoerder van ’n universiteit, wat nie sy naam wil bekend maak nie, het gesê die moontlikheid is nie uitgesluit dat daar weer omkoop geld betrokke is nie, alhoewel dit moeilik bewys sal word.

“Hierdie proses het in die VSA gewys hoe die natuur verrinneweer word, en in Suid-Afrika sal die nog erger wees aangesien die beheermaatreëls hier veel te wense laat, het hy gesê.