Selfs die koue Kanada kan warm wees

Dis ‘n pragtige herfs dag vanoggend. Die boere gebruik hierdie tyd om hul hooi in bale te rol sodat die perde en beeste kos het vir die hele winter. Temperature gaan vandag styg tot by 22 grade Celsius. Die Chinook waai heerlik. Dis ‘n warm wind wat uit die berge waai tot hier waar ons bly in die Rockies. Somtyds waai die warm wind gedurende die winter. Temperature sal dan styg vanaf minus 50 grade Celsius tot 4 grade Celsius en almal maak dan die meeste van die “hittegolf” in die middel van die winter. Die wind bring die mooiste wolke saam wat kom lê oor die stad en die sneeu smelt asof dit lente is.

Of dit nou winter of somer is, daar is nooit ‘n vervelige oomblik met die Kanadese weer nie.

Die foto is deur ons Kanadese medewerker geneem.