SAL ‘n bodemlose put?

Volgens die ANC-regime se minister van openbare ondernemings, Malusi Gigaba, moet die Suid-Afrikaanse Lugdiens nie enige verdere fondse van die staat verwag voordat hulle nie hulle sake in orde gebring het nie. Hy sê dat daar steeds gewag word op ‘n behoorlike strategiese plan oor hoe die lugdiens sy sake in die toekoms gaan bedryf om sy finansiële probleme op te los. Hy het bygevoeg dat SAL se bestuur geen visie toon nie.

Die lugdiens verwag R5 miljard van die staat om te herkapitaliseer. Gigaba eis dat besnoeiïngs ingestel moet word en sê dat die voordele wat uitvoerende persone in staatsondernemings kry nie langer toegelaat kan word om te eskaleer soos in die verlede nie. Hy het bygevoeg dat SAL moet besnoei en dat voordele soos gratis vliegtuigkaartjies gestop moet word. Die bestuur van SAL verdedig hulleself deur te sê dat die staatsfondse wat in die verlede ontvang was elke keer te min was om ‘n gesonde kapitalisasie te verkry.

SAL het homself jare gelede ongewild gemaak by Afrikaner pasasiers met sy miskenning van Afrikaans en met sy diskriminerende indiensnemingsbeleid. Baie Afrikaners het besluit om nooit weer die lugdiens te ondersteun nie. Dit sluit aan by die Japanese wat ook weier om met SAL te vlieg omdat lugwaardinne in hulle neuse krap terwyl hulle die passasiers bedien.