Rusland se ekonomie

Daar word gereeld nuusberigte gepubliseer oor die ekonomië van die VSA, China, Indië en die EU, maar selde oor Rusland. Wat gaan aan in die Russiese ekonomie en hoe vergelyk dit met die ander groot moondhede ?

Rusland is die sesde grootste ekonomie in die wêreld in terme van PPP en negende in terme van BBP. Die ekonomiese groei vir 2011 was 4,2% wat die derde hoogste van die leidende wêreld ekonomië is. Die BBP per kapita is $13 236 (38ste rykste in die wêreld), die inflasiekoers 3,7% (Februarie 2012). Die land het ‘n werksmag van 75,4 miljoen.

Moscow, Rusland se hoofstad, het die hoogste populasie van biljoeners van enige stad in die wêreld.

Rusland se ekonomie word minder nadelig getref deur die huidige wêreldkrisis en die verwagte ekonomiese groei vir 2012 word op 3,7% gestel. Werkloosheid staan op 5%. Die land se uitvoere beloop $520,9 miljard. Die belangrikste uitvoermarkte is Nederlande 12,3%, China 6,5%, Italië 5,6%, Duitsland 4,6% en Poland 4,3%. Hoofuitvoere is in petroleumverwante produkte, natuurlike gas, houtverwante produkte, chemikalië, en militêre produkte (gelykstaande aan 60% van die van die VSA). Invoere is $322,5 miljard en bestaan hoofsaaklik uit masjinerie, motorvoertuie, farmaseutiese produkte, plastiek, vleis, vrugte en neute, optiese en mediese instrumente, yster en staal.

Die Russiese ekonomie kon sedert 1999 ‘n gemiddelde groei van 7% handhaaf (1999: 6.5%, 2000: 10.0%, 2001: 5.7%, 2002: 4.9%, 2003: 7.3%, 2004: 7.2%, 2005: 6.4%, 2006: 8.2%, 2007: 8.5%, 2008:5.2%, 2009:8.1%). Die land het aansienlike buiteland se skuld gehad aan die einde van die kommunistiese tydperk, maar het dit met harde werk en goeie beplanning begin verminder. Rusland se skuld het in 2003 op $19 miljard gestaan. Tydens 2002 se G8 byeenkoms is daar besluit om van die skuld te kanselleer as voorsorg om Russiese wapenmateriaal te onttrek sodat dit nie in die hande kon val van terroriste nie. $10 miljard hiervan is deur die VSA bewillig en ‘n verdere $10 miljard deur die EU.

Die bekende graderinginstansies beoordeel die Russiese ekonomie soos volg: Standard & Poor’s BBB (vooruitsigte stabiel), Moody’s Baa 1 (vooruitsigte stabiel), Fitch BBB (vooruitsigte positief). By die beoordeling van Rusland se besondere ekonomiese prestasie kan die bydrae van sy premier, mnr. Vladimir Putin, nie geïgnoreer word nie, aangesien hy oor die tydperk van herstel as staatshoof (president of eerste minister) betrokke was.