Ruimtetuig waarnemings insiggewend

Nasa se Curiosity ruimtetuig het daarin geslaag om foto’s te neem van ‘n gedeeltelike sonsverduistering op Mars.

Die foto wys die klein maan Phobos wat verby die son beweeg.

Phobos het ‘n deursnit van sowat 25 km en wentel ongeveer elke 8 ure om Mars.

Wetenskaplikes by Nasa het die Curiosity geprogrammeer om honderde foto’s van die gebeurtenis te neem. Tot hede is net enkele foto’s by Nasa ontvang.

Mars is baie nader aan die maan Phobos as wat die aarde aan die maan is. Dit bring mee dat Phobos meer gereeld verby die son beweeg en derhalwe is daar meer verduisterings waarneembaar. ’n Volgende sonsverduistering word oor sowat ’n jaar verwag.