RSA ONDERWYS DIE VROTSTE VAN ALLE LANDE

Suid-Afrika is 132ste uit 144 lande met betrekking tot gehalte van laerskool onderrig kom en is 115de wat die toelating van leerlinge tot laerskole betref.
Dié skokkende bevinding wat in dié verslag oor globale mededinging van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) gemaak is, is nie ’n verrassing nie en bevestig die onderwys van die land is in ’n ernstige krisis, is die mening van onderwyskenners.

Suid-Afrika is 84ste wanneer in geheel na hoër onderwys en opleiding gekyk word.

Volgens kenners is die hoofrede die feit dat opleidingskolleges jare gelede gesluit is en dat onderwysers in swart skole in menige gevalle geen behoorlike opleiding het nie.

Die land beskik oor uitstekende universiteite maar diegene wat daar opgelei moet word, kan nie slaag nie vanweë die swak skool opleiding. Verder is die skoolstelsel uiters swak.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging het dit beklemtoon dat die organisasie hulle beywer om ouers en leerlinge in te lig oor die waarde van CVO-skole en ook ander privaat skole, aangesien die openbare skole in baie gevalle besig is om Engelse skole te word.