Romney op die wenpad

Die pas afgelope Republikeinse konvensie in Tampa, Florida, het die steun vir goewerneur Mitt Romney se presidents kandidatuur ’n groot hupstoot gegee.

Volgens ’n peiling van Reuters en Ipsos loop Romney nou voor met 44% van die steun onder kiesers, teenoor die 40% vir Barack Obama.

Voor die konvensie het Obama 46% van die steun gehad.

Kenners wys daarop dat Romney heelwaarskynlik met nog meer steun gaan wegstap aangesien hy besig is om die omstrede Obama te ontbloot vir sy swak hantering van veral ekonomiese sake.

Die linkse media in die VSA probeer hard om ander menings by die kieserskorps te vestig, wel wetende dat die stroom na Romney nie gekeer gaan word nie. Obama se span het klaarblyklik nie antwoorde op die beskuldigings wat Romney na hom slinger oor die vrotsige hantering van die VSA se finansies wat duisende mense werkloos gelaat het.