Renosterstropers word bitter swaar gestraf

Twee swart mans is in die Nelspruit streekhof elk tot 29 jaar tronkstraf gevonnis vir renosterstropery.

Streeklanddros Catherine Hugo het gesê die vonnisse moet as afskrikmiddel vir stropers dien.

Gearson Cosa (35) wat onwettig in die land is en Ali Nkuna (25) is albei in hegtenis geneem in verband met ‘n renosterkalf wat gedurende 2011 in die Kruger Wildtuin dood is.

Hugo het gesê die hof het bevind dat dit ‘n goed-beplande misdaad was.