Pssssst, gehoor wat sê die slimmes van: geelwortels?

Wortels is aanvanklik as ‘n medisyne gebruik en later as ‘n groentesoort, omdat dit so geweldig ryk is aan vitamien A. Dis ook baie ryk aan vitamien B, C en E asook potasium, kalsium en fosfor. Wortels is ‘n baie sterk antikanker produk, hou die pankreas skoon en reinig jou lewer (jou liggaam se asblik en jou liggaam se bron van energie).

Wortels is een van jou sterkste anti-oksidante.

Geelwortels is voeding vir jou oë en sal oogprobleme bestry asook goeie sig bevorder en help behou.

Wortels hou die limf van jou liggaam skoon en gesond.

Wortels is anti-inflammatories asook ‘n antiseptikum.

‘n Glas wortelsap op ‘n daaglikse basis sal jou algehele gesondheid bevorder. Na ‘n siekbed sal so ‘n glas wortelsap jou gestel vinnig opbou.

Rou wortelsap kan ook op oop wonde gevoeg word om infeksie te beveg en sere vinnig te laat genees.

Te veel wortels kan die wit van jou oë gelerig verkleur op die lang duur, maar herstel vinnig as die dosis verminder word.