Pssssssssssssssssst, gehoor wat sê die slimmes van: jogurt?

Jogurt is ‘n Turkse woord vir suurmelk, wat dik geword het. Jogurt is ryk aan proteïene en bevat vriendelike bakterieë wat broodnodig is in die behoorlike vertering van die kosse in jou maag, wat weer infeksie voorkom.

70% Van die vroulike geslag sukkel met ‘n spastiese kolon. Jogurt so nou en dan sal nie kwaad doen nie.

Jogurt het baie goeie eienskappe:
1) Help produseer vitamiene B (beveg depressie)
2) Stimuleer jou peristalsis (derm beweging)
3) Help voorkom en beheer die groei van kankerselle
4) Help jou spysvertering
5) Dit maak jou vel skoon en pragtig as jy dit afspons met jogurt.