Pretoria munisipaliteit is bankrot

Die ouditeur-generaal (OG) het sy vergrootglas op die Tshwane-metro se geldsake en moet vasstel of dié munisipaliteit “tegnies” bankrot is.

’n Verdoemende finansiële verslaf is uitgereik oor die sogenaamde “Tshwane” wat in die werklike lewe Pretoria is.
Die krediteure skuld het, luidens die verslag, in 2011-’12 met ’n yslike 1 900% gestyg in vergelyking met die vorige geldjaar.
Dié skuld was R132,5 miljoen en het in die afgelope boekjaar na R2,3 miljard gestyg.

“Dít dui alles daarop dat die stad in finansiële nood verkeer,” lui die verslag.

Die verslag dui daarop dat Pretoria nie sy finansiële verpligtinge kan nakom nie.

Dit is onseker wie die dokument opgestel en wie die ondersoek aangevra het.