Pennetjies se lewe kom ten einde

Pennetjies, die ystervark wat uit ’n draad strik in die ooste van Pretoria bevry is en geopereer is, is dood.

Sy was in ’n onwettige strik onder ’n heining gevang by die Silver Lakes-landgoed. Pennetjies was erg beseer sodat haar nek byna heeltemal afgesny is.

Dr. Johan van Deemter, ’n veearts van die Waterkloof Glen-dierehospitaal, het ure lank gespook om haar nek met steke te heg.

Sy is egter die naweek dood.