Pasop vir Durban se seewater

Tagtig persent van Durban se seewater wat in die afgelope jaar getoets is, het nie aan Suid-Afrikaanse water standaarde voldoen nie, is amptelik berig.

Die toetse, wat deur die eThekwini munisipaliteit se departement van water gedoen is, het hoë vlakke van E.coli en Enterococcus, wat cholera en gastro-intestinale siektes veroorsaak, opgelewer.

Die berig lui verder dat prof. Takada van die Tokio Universiteit van Landbou en Tegnologie gesê het dat Durban se Isipingo-strand het die hoogste vlakke van benseenheksachloried (HCH) in die wêreld.

HCH is ‘n toksiese stof wat gebruik word as ‘n pesdoder op gewasse om kopluise te behandel.

Dit laat die indruk dat Durban en omgewing se waterbronne en ook die seewater uiters gevaarlik is en liefs vermy moet word.