Parapleeg skiet terroris wat hom aanval

’n Parapleeg het sy tuinwerker doodgeskiet nadat dié in sy huis gekom het en hom met ’n mes aangeval het.

Volgens kapt. Stefanie Smith, word ’n saak van moord ondersoek nadat die parapleeg sy aanvaller in sy slaapkamer met ’n haelgeweer geskiet het.

Die man het 3:00 die oggend ’n klop aan die deur gehoor en gedink dit is ’n familielid. Toe hy die deur oopmaak, het die werker ingekom en hom met ’n mes gedreig.

Die tuinwerker het geld geëis en die man met die mes in albei arms gesteek en hom daarna in sy rolstoel na die slaapkamer gestoot waar hy vêrder aangerand is. Met dié het hy uit die rolstoel geval maar kon sy haelgeweer in die hande kry wat langs die bed gestaan het. Hy het een skoot geskiet.

Die ironie is dat die hulpelose parapleeg wat vir sy lewe veg in sy eie huis in die nagtelike ure, nou aangekla word van moord op ’n terroris.