Oproer stoker dalk agter tralies?

Julius Malema, kan dalk teen die naweek in hegtenis geneem word. Die inligting is vertroulik aan Die Vryburger deurgegee.

Dit volg ná ’n Valke ondersoek oor klaarblyklike korrupsie teen Malema wat afgehandel is. Malema het na bewering gedurende sy ampstermyn as president van die ANCYL verskeie sakemanne van Limpopo gehelp om tenders te bekom op onregmatige wyse.

Bevestiging is ontvang dat die Valke se ondersoek oor Malema se Ratanang Familietrust, belasting onreëlmatighede ook gefinaliseer is.

Die Valke het intussen ook bekend gemaak dat die polisie se speurafdeling die ondersoek oorgeneem het om die bewerings van aanhitsing tot geweld te ondersoek..

Malema is Maandag toegang geweier tot ‘n byeenkoms waar mynwerkers in die Noordwes ingelig is oor verwikkelinge rakende hul eis vir beter lone. Hy is met voertuie en ’n helikopter weg begelei.

’n Voormalige polisie bevelvoerder het aan Die Vryburger gesê dat Malema met ’n fyn spel besig is om die fokus op hom te hou en daarmee sy ongedefinieerd steunbasis te versterk.

Die regering maak ’n fout om soveel aandag aan Malema se optrede te gee. Malema het by verskeie geleenthede die polisie uitgenooi om hom in hegtenis te neem, wel wetende dat dit die geleentheid skep om in die kalklig te bly en die simpatie vêrder op te wek, is gesê.