Opleiding noodsaaklik

Met die volksmoord wat die afgelope tyd in felheid toe geneem het, het Boeremoed Selfverdediging aangekondig dat hulle ‘n selfverdedigingskurses sal aanbied op die openbare vakansiedag 24 September 2012.

Volgens hul webwerf, www.selfverdediging.co.za is daar al honderde volksgenote op die manier opgelei en ieder en elk van hulle is van mening dat hulle, hulself nou beter sal kan handhaaf in ‘n lewe-of-dood situasie. Die kursus inhoud bestaan oor gevegs-sielkunde, ‘n meskursus, aanvalstegnieke, verdediging teen wapens en messe, arrestasie tegnieke, teen-verkragting tegnieke en ook teen-kaping tegnieke. Die kursus is oop vir volksgenote van 14 jaar tot 80 jaar. Mans sowel as dames sal baat vind by hierdie kursus.

Die kursus word aangebied op 24 September 2012 vanaf 8:00 tot 17:00 op Kleinfontein net buite Pretoria. Kursusfooi is R300 per persoon wat ‘n selfverdediging-mes insluit en ‘n ligte middag-ete word ook voorsien. Daar is net 50 plekke beskikbaar, gevolglik moet daar vinnig gespring word. Besprekings by (012) 940 0104.

’n Woordvoerder van Boeremoed Selfverdediging het aan die Vryburger genoem dat opleiding van ons volksgenote ’n groot prioriteit moet wees en juis daarom word die kursusse aangebied.