Ope brief aan Mnr. Theo de Jager.

Na aanleiding van die berig in die nuus “Farmers could become extinct: Agri SA” (2012-09-03) die volgende:

Kom ons breek weg van die diplomatiese praatjies en praat so bietjie eerlik oor wat aan die gang is. U maak die stelling:

De Jager said a study conducted by Agri SA showed that in 1994 South Africa had 120 000 farmers compared to 37 000 at present.

Kom ons kyk waar is hierdie 80 000 Boere heen? Wel oor die 3000 van hulle het ons begrawe nadat hulle opgekap, verkrag, verbrand, gemartel en agter bakkies aangesleep is.

Nog ‘n paar duisend sit in lande soos NZ, Australie, Argentinie, Georgie, en selfs in Afrika lande soos Botswana en Zambie ens.

Duisende van hulle het bankrot gespeel! Hulle is nou voormanne op ander Boere se plase, doen nutsman werk en probeer so aan die lewe bly.

Ander het eenvoudig opgegee en hulle plase verkoop. Ander het gedink hulle gaan hulle plase verkoop en wag nou nog vir die geld van die regering.

Kom ons vergeet ook nie die paar wat onteien is nie.

Met ander woorde, daar is omtrent 70% van ons Boere net weg van die plase af en u durf nie vra hoekom nie? U durf nie praat oor waar hulle nou is nie! Hier is u afleiding oor hoekom die getalle verminder het:

“We are to be blamed too. We have not made this profession sexy enough. It is not cool to be a farmer. We need to rectify this in a short space of time,” he said.

Oor een ding stem ek met u saam, “U, as Agri SA is te balmeer”, maar dit het niks met sexy te doen nie! Wat u klaarblyklik nie verstaan nie is dat dit harde werk en toewyding vat, sowel as kennis en kapitaal om suksesvol te boer.

As u regtig, ernstig bekommerd is oor die getal Boere sal ek binne ‘n tydperk van 48 uur vir u duisende, hardwerkende blankes, meeste met kennis en ervaring, bring, wat baie graag dieselfde geleentheid sou wil he as die swart mense in hierdie land.

Maar kom ons wees maar vandag eerlik met mekaar- Dit gaan nie oor voedselsekuriteit nie, dit gaan oor grond.

De Jager said ageing farmers could not take new opportunities created by the new forms of land ownership.

Wees eerlik- Hoeveel van julle werk gaan om swart mense op die grond te kry? Vir jou is grondhervorming klaarblyklik ‘n “opportunity”, terwyl duisende wit boere baie bekommerd is daaroor.

He said the government should consider involving farmworkers in its land reform programme, because they already had experience in farming.

Met ander woorde, in soveel woorde- Agri SA beveel aan dat die swart plaaswerkers moet deel in grondhervormings inisiatiewe. Daarmee staan u nie grondhervorming tee nie, u beveel nie aan dat bevoegde blankes oorweeg word nie! Interressant. Die Boere wat u salaris betaal se kinders moet plek maak vir grondhervorming…

Asof dit nie genoeg is nie, kom ons gesels oor nog ‘n artikel:

Agri SA, Cosatu find common ground (2012-08-07)
(Net ter loops- Hierdie gemene grond- is dit letterlik of figuurlik?)

“They discussed matters of common concern and agreed to work together to solve problems affecting workers, farmers, consumers and the country as a whole,” the two organisations said in a joint statement.

Cosatu is deel van die ANC. Met ander woorde Agri SA werk saam met die ANC, julle reken die getalle boere is aan die afneem omdat dit nie sexy genoeg is nie, julle ondersteun grondhervorming en sien dit as ‘n geleentheid vir ouer boere, wat nou gemiddeld 62 is. So, dit is redelik om aan te neem dat julle graag wil sien dat ouer boere moet toetree tot grondhervormings projekte waarby swart mense kan baatvind?

Vir my wil dit voorkom of julle die ANC ondersteun in hulle aanslag teen die mense wat jou ingestem het Mnr De Jager? Ek sien nie dat Agri SA die moed aan die dag le om oor die realiteite van die boere te praat nie?

Ek is ‘n jong wit boer wat nie meer kon oorleef op ‘n plaas nie. Die insetkoste was te hoog en die inkomste al laer, daarby roofdiere, diefstal, arbeidswette ens ens. Ek was een van die 120 000 en nou een van 80 000 wat dit nie meer kon maak nie.

Ek belowe u- Dit het niks met sexy te doen nie!! En wat Agri SA doen is glad nie ‘cool’ nie!

J.S. van der Merwe.