Onwerkbare Land laat Tutu gil

Toe die oud biskopTutu teen die podium op skuifel om ’n toespraak te maak, het hy gesê hulle het gesing oor hoe ons was en hoe ons nou is. Dit het gebeur tydens ’n sogenaamde vryheidsvegter se nuwe boek bekendstelling.

“Wat de duiwel dink julle doen julle” het die huilerige Tutu gegil.

“Het ons so gou die prys van vryheid vergeet?” het hy gevra. “Mense gaan slaap honger in hierdie vryheid waarvoor mense gemartel en geskend is. Daar was ’n tyd toe ons geglo het ons kan ’n nuwe soort gemeenskap word.”

“Vry, ja, en op ’n spesiale manier: dat almal gerespekteer en gehoor word.

“Dis moeilik om te glo mense kry soveel geld en byvoordele, en ry sulke blink motors terwyl die massas in gehokte krotte krepeer.”

Hy het skerp uitgevaar teen diegene wat al ryker word omdat die ministeriële handboek dit toelaat.

“Dis wettig, maar is dit moreel?” het hy gevra.

Een van die teenwoordiges het glo gewonder of die nuwe land werklik vryheid gebring het aangesien daar nou meer elende is onder diegene wat sogenaamd vry is. Dit laat die gevoel dat die nuwe bestel wat al twee dekades duur, werkbaar is.