Die bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Louis van Rensburg het gesterf nadat hy met longontsteking in die hospitaal opgeneem is.
Van Rensburg (68) is in die Garden City-kliniek in Johannesburg opgeneem met longontsteking en sy toestand het verswak sodat hy na die waaksaal oorgeplaas is.
Hy het bekendheid verwerf met sy musiek vir die TV-reeks Ballade vir ’n enkeling. Hy het die liedjie “Voshaarnooi” uit dié reeks as een van sy beste komposisies beskou.
Nuutste kommentaar