Ondervinding by ’n polisiestasie

Hierdie is ’n storie – ’n ware verhaal van ’n egpaar, westerlinge, gebore en getoë op Afrika grond, se eie ondervinding van hoe dit lyk en hoe dit werk by hedendaagse polisiestasies! Dit het plaasgevind by ’n groot polisiestasie in ’n groot dorp, sommer hier in Oos -Transvaal.

Ons kom drie maande voor die tyd by die polisiestasie om vorms te kry om weer aansoek te doen vir die hernuwing van ons vuurwapen se bevoegdheidsertifikate. Volgens die inligting wat ons het, moet ons drie maande voor die vervaldatum van die bevoegdheid sertifikaat, weer aansoek doen vir hernuwing. Ons hoor: ‘nee julle is te vroeg, net ’n maand voor die tyd’. Ons kry die vorms en die ‘dame’ skryf vir ons op ’n vuil stukkie papier wat ons benodig wanneer ons nou die voltooide vorms bring.

’n Maand voor die tyd, met paspoort foto’s, geld, ingevulde vorms, bewys van waar ons woon en identiteit-afskrifte, kom ons by die vuurwapenlisensie kantoor aan. Die deure staan oop en ons stap binne. Al die ‘dames” klerke, sit op die lessenaars met swaaiende bene en klim nie eers af toe ons instap nie. Ons wag, soos ordentlik opgevoede mense, en ons wag, en hulle sit!!!

My man stap met die gang af na die bevelvoerder (’n blanke) se kantoor – gelukkig was hy in sy kantoor. Hy het nie ’n uniform aan nie, die hemp hang uit oor die broek en hy stap by die sittendes se kantoor in en voor hy nog kon vra hoekom help hul ons nie, sê hul in ’n koor: “lunch”. Dit was presies 13:20. Daar is geen kennisgewings van hoe laat die kantoorure is, of teetyd of etenstye nie. Jy kon sien, die man se hande is afgekap en hy kyk toe maar of al ons vorms reg voltooi is – ons kort nou elkeen nog ’n vorm wat die ‘dame’ nie vir ons gegee het om te voltooi nie.

Die man stap na sy kantoor en kom terug, en ons moet hoor: “U is gelukkig, hierdie is die laaste twee vorms wat ons het”.

Daar is geen inisiatief om eers kopieë te maak voordat die laaste vorms uitgegee word nie. Bestel hul nie genoegsame voorraad vorms wanneer hul sien die voorraad raak min nie? Wat van die volgende mense wat daardie vorms benodig?

Ons vul die vorms in, blykbaar moet dit in hulle teenwoordigheid ingevul en geteken word. Hierna word ons geneem na die vingerafdruk kantoor. Niemand het nog nooit so iets gesien nie! Die kantoor loop oor van die vuilis want die groot munisipale vuilis drom is oorvol van ou kos bakkies, papiere, plastiek koeldrank botteltjies, ou kos en ander afval. Dit is so vuil, jy weet nie waar om te staan nie, maar jy hou uit want jy moet hierdie sessie agter die rug kry, en gou ook, want jy wil nie môre weer daar ingaan nie.

Nadat die bevelvoerder (gelukkig vir ons nog dieselfde man), ons vingers swart gerol het, wys hy my na die wasbak en koek seep!!! Hy vra vreeslik verskoning, maar dit maak nie die plek leefbaar nie. Die wasbak is van vlekvrye staal, wat eens op ’n tyd geblink het maar nou swart van die ink en vuilis is en die koek seep was geel, maar is nou dof geel met swart gebarste strepe. Geen beskaafde mens wil daaraan raak nie en jy probeer maar die ink met water van jou vingers afkry.

Na hierdie sessie moet ons nou agterom die polisiestasie stap om te gaan betaal. By die betaalkantoor aangekom, kry ons moed en hoop want dis ’n blanke dame wat ons gaan help! Wel, wat ’n teleurstelling, daar is geen verskil in maniere van die “sittendes” en hierdie slordige vrou nie. Dit was gelukkig die 2de laaste stap en nou is dit net om die kwitansie in te gee by die “sittendes”. Gelukkig is hulle “lunch” nou verby en hul sit nie meer in die kantoor nie, hulle is weg!!! Die bevelvoerder is ook weg! Daar kom toe ’n ander skepsel om ons verder te help en toe is haar datumstempel ook weg! Sy het gang op en af geloop om ’n datumstempel te kry. Ten einde laaste het sy alles gestempel en ons kon uitstap.

Dankie tog!