Oliemark ondersoek vir prysmanipulasie

Die Britse minister vir energie, John Hayes, gaan finansiële reguleerders versoek om ondersoek in te stel nadat 80 parlementlede ‘n antwoord geëis het waarom motorriste so ‘n hoë prys by petrolpompe moet betaal. Die minister het ook gesê dat die Bank van England se taak uitgebrei gaan word om die ondersoek van die banke se rentekoers knoeiery (Libor) uit te brei om ook moontlike knoeiery met die brandstofprys te in te sluit.

In Suid-Afrika werk dit anders. Toe daar op ‘n stadium deur ondernemers soos Pick ’n Pay probeer was om brandstof teen mededingende pryse aan te bied, was hulle deur die staat verbied om dit te doen. Deur nie te knoei met brandstofpryse sou dus onwettig wees.