Nuusflitse

1 Drie mense is ongedeerd nadat ‘n ligte vliegtuig naby Pietermaritzburg in Natal neergestort het.
2 Die Nederlandse tegnologiemaatskappy Philips het gesê hy sal 2 200 poste uit sy totale arbeidsmag moet sny as deel van ‘n herstruktureringsprogram wat daarop gemik is om tot 300 miljoen euro (sowat R3,13 miljard) te spaar.
3 Suid-Afrika se minister van verdediging het Julius Malema gewaarsku dat hy nie soldate by ‘n beplande toespraak mag aanhits nie.
4 Die hoof van die Valke se polisie-eenheid in KwaZulu-Natal en lede van die ontbinde Cato Manor- georganiseerde misdaadeenheid is met onmiddellike effek geskors.
5 Die Amerikaanse ambassadeur in Libië, Chris Stevens, het tydens ‘n aanval op die Amerikaanse konsulaat in die oostelike Libiese stad Benghazi weens rook inaseming gesterf.
6 Australiese wetenskaplikes het ‘n genetiese toets ontwerp wat outisme by kinders kan voorspel, is Woensdag berig. Ongeveer een uit elke 150 kinders het outisme, met simptome wat wissel van sosiale ongemak tot erge kommunikasie- en intellektuele gestremdhede, het navorsers van die Universiteit van Melbourne gesê.
7 ‘n Motoris is geskiet nadat hy in ‘n beweerde padwoede voorval ‘n vuurwapen op ‘n metro-polisiebeampte gerig het. Die metro-polisiebeampte was saam met sy vriendin – ook ‘n polisiebeampte – in die motor. Die 24-jarige motoris het na bewering die polisievrou se vuurwapen gegryp en op die metro-polisiebeampte gerig. Daarna het die polisiebeampte sy eie vuurwapen geneem en die motoris in die been geskiet.
8 Ontleders het gewaarsku dat die huidige vlaag arbeidsonrus in die mynbedryf nadelige gevolge vir die ekonomie sal hê. Die mynbedryf dra meer as 18% by tot die land se bruto binnelandse produk en meer as 50% tot buitelandse valuta. Die rand kan beduidend verswak indien myne se uitvoere afneem weens arbeidsgeskille soos Malema dit opstook.
9 Japan sal die gebruik van kernkrag binne die volgende drie dekades staak onder ‘n nuwe regeringsbeleid, het ‘n koerant aldaar berig.
10 Sowat 2,1 miljoen Somaliërs benodig dringend voedselhulp weens die kritieke situasie in dié land, het ’n Verenigde Nasies woordvoerder gesê.