Nuusflitse

– Die petrolprys styg met 93c per liter, terwyl die dieselprys met 69c per liter verhoog word. Die jongste styging sal die petrolprys langs die kus op R11,62 per liter te staan bring en in die PWV gebied dok motoriste op met R11,97 per liter.
– n Bedreigde vlinderspesie het sy oorlewing te danke aan ‘n groep vroue-gevangenes by die Mission Creek Korrektiewe Sentrum vir Vroue in Belfair, Washington, help met die samewerking van hul wagte en nagraadse studente om die bedreigde Taylor’s Checkerspot-vlinder te teel.
– Drie swartes is in hegtenis geneem nadat die polisie hulle met gesteelde bier wat bekom is deur ’n vragmotor te kaap – die bier ter waarde van R200 000 is in hulle besit gevind.
– Drie kratte ammunisie is eergister onder die vloer van die preekstoel in die Hervormde Kerk op Schweizer-Reneke gevind. Ds. Hardie Kotzé, die predikant, het gister gesê dis ’n “sensitiewe saak” en hy kan nie nou kommentaar lewer nie. Hy het Volksblad na sy prokureur verwys, maar die prokureur was nie gister op kantoor of telefonies bereikbaar nie.
– Opruimingswerk by die Table View-strand gaan voort want olie het op die strand uitgespoel weens ‘n lek uit ’n vistreiler, wat naby Table View gestrand het.
– Die Wes-Kaapse polisie het 415 verdagtes opgespoor wat gesoek word in verband met aanklagte van moord, verkragting, die besit van dwelms en ander oortredings, het Frederick van Wyk, die polisie se provinsiale woordvoerder gesê.
– Die National Union of Metal Workers het gevra dat polisielede wat by die Marikana-slagting betrokke was, geskors moet word.
– McLaren se Jenson Button was Sondag van die begin tot die einde van die wedren stewig in beheer by die Belgiese Grand Prix by Spa-Francorchamps.
Dit was die Engelse renjaer se tweede oorwinning in die seisoen.
– Sowat 48 dragtige Drakensberger-stoetkoeie het die afgelope maand weens honger en dors op die Athole-proefplaas van die Mpumalanga-regering naby Ermelo gevrek. Die diere is deel van ’n groot aantal stoetbeeste op die plaas wat vir sogenaamde ontluikende boere opsy gesit is.
– Die rassistiese propaganda-mite dat alle wit boere ryk is, moet die nek ingeslaan word.Só het dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye by die Dorpers Skaaptelersvereniging se jaarlikse prysuitdeling by Hartbeespoort gesê.
– Sowat 500 motorfietsenjins se gebrul op die Parade in Kaapstad het vir ander padgebruikers aangekondig: Ons is hier, let op! Dit word gedoen nadat 2 makkers dood is in ongelukke.
– Min het Lucy se eienaar geweet toe hy haar sowat ses jaar gelede vir die polisie geskenk het, sy gaan as skaaphond eendag verkragters en moordenaars aankeer pleks van skape. Sy is skraal maar het egter al menige wrede verkragter en moordenaar aan die pen laat ry.