Nuusflitse

• ’n Vyfjarige seun sal binnekort met sy ma in Turkye herenig word nadat sy pa meer as ‘n jaar gelede met die kind na Suid-Afrika gevlug het.
• Volgens die jongste berigte meen Apple, wat $1 miljard (sowat R8,3 miljard) skadevergoeding toegeken is ná sy hofstryd oor die skending van patenteregte teen Samsung, dat hy geregtig is op ‘n verdere $707 miljoen (sowat R6,3 miljard) in skadevergoeding en rente.
• Minstens 2 000 mense is in die oostelike deel van Spanje ontruim weens ‘n brand wat dreig om dorpe binne te gaan, het plaaslike beamptes gesê.
• Dit gaan nog drie weke neem voordat die oorskotte van die agt mans, wat in ‘n selfmoordaanval in Kaboel gesterf het, na Suid-Afrika gebring gaan word.
• Vyf klimmers is gered en drie ander is steeds vermis nadat ‘n sneeustorting in Nepal hul tente meegesleur het, het die polisie gesê.
• ‘n Man is dood en sy ma beseer in ‘n motorfietsongeluk in Haldonweg in Bloemfontein, het paramedici gesê.
• Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders dreig om te staak nadat salarisonderhandelings met werkgewers ‘n dooiepunt bereik het.
• Die Departement van natuurbewaring en omgewingsake sê hy sal voortgaan met samesprekings met Asiatiese lande om renoster stropery te voorkom.
• ‘n Man is dood en ses ander mense is beseer nadat hulle uit ‘n vragmotor geslinger is wat deur ‘n omheining in Randburg, Johannesburg, geploeg het.
• Twee mans is in Boksburg in hegtenis geneem vir die besit van dwelms met ‘n straatwaarde van R18 000, het die metropolisie gesê.
• Die Oscar-bekroonde aktrise Charlize Theron is glo in ‘n verhouding met die Modern Family-akteur Eric Stonestreet, wat die rol van die homoseksuele karakter, Cameron Tucker, in ’n televisiereeks vertolk
• . Verskeie spelers van Nieu-Seeland, Ierland, Suid-Afrika en Australië is glo sedert hul aankoms in Sri Lanka behandel. ‘n Woordvoerder van die Internasionale Krieketraad (IKR) sê die tipe gebottelde water wat tot dusver in die toernooi deur spelers en beamptes gebruik is, is vervang.