Nuusflitse

1 Prins Harry is na ‘n plek van veiligheid geneem tydens ‘n Taliban-aanval op Kamp Bastion, die basis waar hy in Afganistan ontplooi is. Die Engelse is skrikkerig dat die prinsie dalk kan seerkry na sy eskapades in die VSA.
2 Uitspraak word verwag in die saak teen die vermeende Sondagverkragter Johannes Jacobus Steyn, wat op meer as 30 aanklagte teregstaan.
3 Die redakteur van die Irish Daily Star is geskors nadat die koerant naakfoto’s van prins William se vrou, Catherine, gepubliseer het.
4 ‘n Thaise tuinier is dood kort nadat hy vermoedelik dronk was en ‘n lewende honderdpoot (klein duisendpoot) ingesluk het.
5 Lonmin se stakende mynwerkers het gesê hulle wil die arbeid dispuut met hul werkgewer oplos sodat hulle terug werk toe kan keer.
6 Google het begin om toegang na ‘n anti-Islam-rolprent in Maleisië te blok nadat die land se internet-reguleerder ‘n amptelike klag aanhangig gemaak het.
7 Cosatu het op die eerste dag van sy nasionale kongres hard probeer om ’n verenigde front voor te hou te midde van groot verdeeldheid oor Cosatu se posisie rakende ’n tweede termyn vir pres. Jacob Zuma.
8 Die sanger Kurt Darren het groot geskrik toe “drie ouens wat lyk asof hulle pas uit die tronk kom” in ’n rolprent¬teater gedreig het om hom dood te maak.
9 Die polisie het ’n 29-jarige man van Wolwedans naby Groot-Brakrivier aangekeer in verband met die moord op mev. Ria Mills.
10 ’n Onderwyser aan die Hoërskool Louw Wepener in Bloemfontein vrees vir haar en haar gesin se lewe nadat sy deur lede van die sogenaamde 666-bende met die dood gedreig is.