NUUS UIT KANADA

Geskryf deur Die Vryburger se spesiale medewerker in Kanada

Ons het so pas terug gekeer vanaf ‘n drie weke reistog langs die Sonskynkus van Kanada. Die skoonheid en vrede van die land het my weereens getref. Daar was kampeerplekke sonder ‘n besprekings agent in sig. Geld word in ‘n koevert in ‘n kassie buite in ‘n boom gesit vir die kampeer plek wat mens wil bespreek. Een keer ‘n week kom ‘n persoon van die Kanadese parkeraad en maak die kassie leeg. Niemand verkul nie en niemand steel daardie geld nie.

Desnieteenstaande die skoonheid van die natuur is die land se ekonomie ook sterk. Die aandeelhouers van die vyf grootste banke in Kanada was hierdie week gelukkig om te hoor dat daar groter profyt is, asook sterker dividende. Die lang termyn vooruitsig vir hierdie banke bly positief.

Die natuur kan ook maar onstuimig wees. Ons het ‘n heerlike somer agter die rug. Die son het die meeste van die tyd geskyn en temperature was amper elke dag bo 25º hier in Calgary, Alberta. In die provinsie van Ontario was daar dae wat die temperature tot in die 40’s gestyg het en gedurende die tyd wat ons in British Colombia se binneland gereis het, was daar dae wat dit gestyg het tot op 36º . Dit was ‘n verskriklike droë hitte en het vir my gevoel asof ons terug is in Botswana. Ons het teruggekeer en daar was ‘n nuusberig dat daar ‘n verskriklike hael storm in Cardston, Alberta was . Hael korrels groter as gholf balle het vensters en windskerms stukkend geslaan en die wind het bome omgewaai. (Sien aangehegte foto – vanaf die Kanadese nuus webwerf).

Herfs is om die draai, maar hul voorspel ‘n lekker warm herfs voor die ysige weer en sneeu ons weereens bydam.

Groetnis uit Kanada.