Nog vier slagoffers van terroristiese aanvalle

Skok en ongeloof heers in die boeregemeenskap ná ’n dubbele moord gister op ’n boer en sy vrou mnr. Johan Fourie (71) en sy vrou, Cecile (72).

Die egpaar is op hul plaas Knoppe vermoor deur terroriste nadat hulle van die dorp teruggekeer het.

Albei het skietwonde gehad, die wapenkluis was oopgebreek en die egpaar was ingewag in hulle huis.

Die dubbele moord vind plaas ’n dag na die dubbele moord op die Greef egpaar van Sandton wat ook in hul huis en werkskamer vermoor is.

In die eerste agt dae van September is daar nou reeds agt moorde teen blankes aangeteken volgens ’n woordvoerder van Projek 2010.

“Dit wil voorkom of die terroriste met groter dringendheid optree om die hele blanke ras so gou as moontlik uit te wis, het hy gesê.

Intussen is verneem dat mnr. Gerhard van der Westhuizen en sy vrou in Zimbabwe aangeval is en ter nouer nood van die dood ontkom het – hulle is albei in ’n bedanklike toestand in ’n hospitaal in Suid-Afrika.