Nog ’n terroriste aanval slaag

’n Bejaarde egpaar Greef se lyke is verlede Vrydag in hul huis in Morningside, Sandton gevind’

Hul seun het kort ná drieuur die namiddag op die paartjie afgekom. Die egpaar is albei in hul laat sewentigs.

Die polisie is van mening dat hulle deur rowers vermoor is, aangesien daar heelwat van hul besittings weg is.

’n Woordvoerder van Projek 2010 wys daarop dat September 2012 een van die maande is waarin die meeste moorde gedurende die eerste week van die maand gerapporteer is. In die eerste agt dae is agt moorde op blankes gepleeg.