Nog mynwerkers is geskiet deur SAPD

Veiligheidswagte het vyf stakende mynwerkers by Gold One se myn naby Springs tydens ‘n betoging oor lone, geskiet.
Die beseerde mans is na die hospitaal geneem. Ooggetuies sê die mans het erg gebloei, maar die myn se bestuur en die polisie wou klaarblyklik nie die voorval bevestig nie.

‘n Groot groep mynwerkers, wat sedert 4 Junie staak, het by die hek bymekaar gekom terwyl die polisie oor hulle waggehou het.

“Sidubuleni, sidubuleni (skiet ons, skiet ons),” het die stakers tartend vir die polisiebeamptes gesing.

Een van die werkers het glo gesê hulle sal die polisie uittart totdat Zuma bedank het as president van die land.