Nog meer Amerikaners wantrou die massa-media.

Amerikaners se wantroue in die media het ‘n nuwe rekord geslaan. Sestig persent het gesê dat hulle min of geen waarde aan die massa-media heg wanneer dit by nuusrapportering kom.
Die rekord wantroue in die media, gebaseer op ‘n opname wat van 6-9 September vanjaar deur Gallup gehou is, dui ook op ‘n negatiwiteit t.o.v. ‘n presidensiële verkiesing wat ongehoord is. Dit verduidelik wel ‘n tendens oor die afgelope klompie verkiesingsjare waar die negatiwiteit elke keer steeds hoër geklim het.
Volgens die opname is die Republikeine die mees negatiewe, daarna die Onafhanklikes. Watter geloof daar nog in die media is, kom van die liberale Demokrate af wat die grootste beheer oor die media in die VSA het.