Nog Foto’s ontdek uit die Tweede Vryheidsoorlog

’n Besonderse versameling foto’s wat uit die Tweede Vryheidsoorlog dateer, is ontdek waar dit in die fotograaf se huis in Winburg bewaar gebly het.

Die versameling van ’n fotograaf, E. Rosslien, bevat 30 foto’s van onder meer die oorgawe by Winburg aan die Britte op 5 Mei 1900.

“Toe ek dit oopmaak, was dit vol foto’s van Rosslien, haar oupa. Hy was ’n handelaar in Winburg in die oorlog,” vertel die ontdekker.

Die foto’s is vir die eerste keer in sowat 110 jaar oopgemaak uit die Engelse koerant waarin dit toegedraai was. Die koerant dateer uit 1902. Die naam van die koerant is egter nie daarop nie.

Coleman sê wat die foto’s besonders maak, is dat Rosslien volledige aantekeninge in potlood op die agterkant van elke foto gemaak het.

Agterop die foto van genl. Marthinus Prinsloo se oorgawe met 4000 burgers in die Brandwaterkom in Julie 1900, is die name van al die kommandante en senior burgers saam met hom.

Die Republiek van die Vrystaat se vlag wapper nog op die foto.

“Dit is waardevol. Ek weet net nie of die negatiewe by die foto’s is nie. Dit is vir seker iets werd. Sulke foto’s kom nie sommer op veilings nie.”

Coleman vra R10 000 vir die versameling.