Myn stakers wil gewelddadig word

Die stakende mynwerkers moes retireer nadat die regering gewaarsku het dat hy nie verder onwettige saamtrekke gaan duld nie.

“Ons vrees vir ons lewens, ons kruip weg in ‘n geheime plek.” het ene Ndoda ’n leier by Anglo American Platinum se stakende mynwerkers, gesê.

Ndoda het ook daarop gewys dat die mynwerkers nie sal terugstaan nie, want die stryd om beter salarisse is lank nog nie verby nie.

“Ons gaan by die polisiestasie ‘n optog hou en aandring op die vrylating van ons kollegas wat in hegtenis geneem is.”

Die uitspraak is ook gemaak dat die stakers die polisie wil uitlok om weer mense dood te skiet. Klaarblyklik is dit een van die wenke wat hulle by Malema gekry het.

’n Hele aantal stakende mynwerkers is verlede Vrydag in hegtenis geneem na die polisie hulle by Aquarius se Kroondal-platinummyn uitmekaar gejaag het.