Motorfiets vir seniors

Die VSA is bekend vir sy tradisionele motorfietsryers, veral die vermaarde Harley Davidson wat ‘n internasionale status simbool geword het. Daardie generasie van weleer, wat nou al in hulle sewentiger jare is, kan nie meer so gemaklik soos voorheen hulle land op twee wiele deurkruis nie. Dit beteken egter nie dat hulle hul liefde vir die motorfiets vryheid summier moet prysgee nie. Daar moes dus aanpassings gemaak word, want een keer ‘n motorfietser, altyd ‘n motorfietser. Die antwoord is die driewiel Harley, al kos dit R250 000 ($31 000), dit is nog steeds beter as ‘n motor, minstens vir sommiges.

Dit laat ‘n mens nogal dink aan die raaisel uit die Griekse metologie: “Wat loop eers op vier bene, daarna op twee bene en daarna op drie bene?” Die antwoord: ’n Mens. As baba word daar op vier bene gekruip, later word daar op twee bene geloop en op bejaarde ouderdom moet ‘n kierie gebruik word om stewigheid met drie bene te verkry.