Morgan trou –hofbevel se voet

Die Zimbabwiese premier, Morgan Tsvangirai en Elizabeth Macheka, het getrou ten spyte van bewerings dat hy steeds met ‘n ander vrou getroud is.

Dié leier van die Movement for Democratic Change (MDC) en sy 35-jarige bruid is tydens ‘n kleurvolle seremonie by die Harare-stadion getroud in die teenwoordigheid van sowat 2500 getroue ondersteuners.
Na wat berig word kan die troue nietig verklaar word indien bewys kan word dat die troue met die aanspraakmaker nog geldig is.
Locardia Karimatsenga (40) het vroeër die week in hofstukke aangevoer dat sy en Tsvangirai verlede jaar tydens ‘n tradisionele seremonie in die huwelik bevestig is.

Die premier beweer dat die troue ten einde gekom het na twee weke.