Marikana-fiasko kos belastingbetalers meer as R30 miljoen

Die kommissie van ondersoek na die Marikana-menseslagting begin sy werk op 1 Oktober met sittings en sal klaarblyklik wye magte kry om inligting te bekom.
Die kommissie het sowat vier maande tyd om die proses af te handel.
Onder leiding van oudregter Ian Farlam, sal sittings hoofsaaklik in die Rustenburg burgersentrum plaasvind. Blykbaar sal vyf ervare advokate die getuienis lei.
Die aanvangskoste van die ondersoek is sowat R24miljoen. Die koste is nie die finale syfer nie en kan na verwagting meer as R30 m beloop.
’n Woordvoerder van die Verknnersbeweging het in ’n onderhoud gesê dat die geld gevorder moet word van die persoon wat die bevel gegee het op te skiet.