MARIKANA DEBAKEL

Spesiale verslag deur ’n buitelandse verslaggewer aan Die Vryburger

Het die Marikana slagting nie plaasgevind om die magnate soos Cyril Ramaphosa, te beskerm nie?

Daar kan baie onderliggende redes wees vir die skiet van 44 opstandige mynwerkers by die Lonmin Marikana Platinum myn.

Mynwerkers eis ’n loonverhoging na ’n bedrag van R12,500 per maand, maar van die werkers sê dat hul alreeds op daardie salarisskaal is. Hul beweer dat hul sub-kontrakteurs is by ’n besigheid wat aan biljoenêr, Cyril Ramaphosa behoort. Daar word beweer dat hy hul sowat R5,400 uit sy sak betaal en dit wat Lonmin aan hom uitbetaal, steek hy in sy sak. Dit is ’n verskil van sowat R7,000-00 per werker.

Indien bogenoemde waar is, sal die werkers se eise die Lonmin myn niks kos nie. Die hele dispuut is eintlik tussen Cryril Ramaphosa en die mynwerkers. Lonmin het dit op hul geneem om tussenbeide te tree en die verantwoordelikheid te neem om te onderhandel vir ’n salarisverhoging en om dit te doen, plaas Lonmin die privaat belange van Ramaphosa bo die belange van die ander aandeelhouers.

Ramaphosa besit 9% van Lonmin, maar was in kontant uitbetaal in 2010 wat deur die firma Xtrata gerugsteun was. Die werkers vereis eintlik dat Ramaphosa sy winste met hulle moet deel. Ramaphosa het al sedert 2010 baie miljoene van Lonmin (Xtrata) ontvang.

Die Marikana konflik is weergegee as ’n dispuut tussen twee unies, NUM en AMCU. Ramaphosa was NUM se sekretaris van 1982 tot 1998. Die werkers se unie en hulle werkgewer is in effek dieselfde persoon. Dit is verrassend dat die werkers beweer hulle unie ondersteun hulle eintlik nie. Hierdie hele debakel sluit die ANC en hulle buitelandse ondersteuners in.

Daar word ook beweer dat die werkers nie die polisie aangeval het nie, maar dat hulle weg gehardloop het. Tydens nadoodse ondersoeke was bevind dat daar van hulle in die rug geskiet is. Gedurende hierdie tyd was Zuma in Mosambiek en met sy terugkeer het hy net ’n blitsbesoek aan die myn gebring. Die hoof uitvoerende beampte van die myn het die dag met die aanval siekverlof geneem met ’n “ernstige siekte” en is nog steeds nie terug by die myn nie.

’n Paar dae later is 270 mans gearresteer vir moord. Hulle beweer dat hul selfone gekonfiskeer is en dat hul met stokke geslaan is. Hul is wel vinnig ontslaan nadat vasgestel is dat ’n verhoor kontra-produktief kon wees.

Die vraag is nou: Hoe kon Ramaphosa soveel invloed op Lonmin se Uitvoerende Raad gehad het? Watter waarhede en feite versteek die regering? Die antwoord lê in die onjuistheid van die handelsprodukte en die markte.

In die verlede het die magnaat Harry Oppenheimer, Anglo American beheer en was teen die apartheid regering gekant, maar het gemaklik aangegaan om die land se grondstowwe uit te voer en homself verder te verryk. Vandag is die grootste magnate swart en Afrikaan wat ook teen die apartheid regering is, maar voer ook die grondstowwe tot hul eie voordeel uit. Die Suid-Afrikaanse myne is dus alreeds genasionaliseer en oorgegee aan roekelose tiranne, gerugsteun deur baie gemeenskapsleiers van die ANC oorsee.

Wat het volgende plaasgevind? Traangas was gespuit en 4 werkers was geskiet op ’n goud-myn eiendom naby Johannesburg wat deur Tokyo Sexwale (nog een van die biljoenêr magnate) beheer word. Die ANC se opposisie eis dat wat geneem is, teruggegee word.

Suid-Afrika sal sy hoop moet vestig op die beste en voorberei vir die slegste!!