Man aangeval deur grizzly beer

‘n Man (65) in British Colombia het gestaan en vis vang in ‘n rivier toe hy blykbaar ‘n vroulike grizzly beer laat skrik het wat hom daarna aangeval het. Sy het babas by haar gehad wat sy wou verdedig teen die man. Hy het na die aanval 300 meter geloop na sy motor waar ‘n verbygaande motoris hom gesien het en hom hospitaal toe geneem het. Hy het oorleef, maar het verskeie gebreekte bene en ernstige wonde aan sy kop en gesig opgedoen. Die parkeraad gaan nie die beer tot niet maak nie, omdat sy opgetree het in self verdediging. Daar is altyd ‘n risiko hierdie tyd van die jaar in die Kanadese woude met bere. Mense moet sorg dat hulle beer sproei byderhand het in die natuur tot die bere begin hiberneer vir die winter.