Malema se siening oor nasionalisering

In ’n onderhoud met ’n radiostasie het Malema gesê die nasionalisering van myne beteken nie noodwendig die onteiening van myne nie, maar groter deelname daarin deur die staat.
Hy het verwys na die stelsel wat in Botswana toegepas is waar die staat ’n 51% aandeel in die myne het.

Hy het voorts te kenne gegee dat dit vreemd is dat mynbase dit in Botswana doen en nie bereid is om dit in Suid-Afrika te doen nie.

Hy het op ’n vraag oor inhegtenisneming gesê hy word al sedert 2009 in hegtenis geneem volgens die media.

Malema het etlike dae gelede die polisie uitgedaag om hom gevange te neem