Malema laat myne staak in Noordkaap

Die onrus is by die myngronde net langs die myn hostel van die Anglo American myngroep in die Kathu omgewing is klaarblyklik deur Malema se toedoen besig om uit te kring. Die besetting kom neer op ’n onwettige besetting met plakkershutte. Die myn se beskermingsdienste het al sedert verlede week die plakkershutte afgebreek sodra dit opgerig is.

Onbevestigde berigte lui dat polisie versterkings die naweek gestuur is en op die dorp aangekom het. Die pad na die myn is gesluit en die veld aan die brand gesteek. Dit word vermoed dat die stakende mynwerkers daarvoor verantwoordelik is.

Nagskof werkers is verhinder om aan te meld vir diens. Een van die busse van Megabus wat skofwerkers na die myn vervoer is onder die klippe gesteek.
Die mynbestuur het intussen ’n brief uitgestuur waarin versoek word dat werkers hulle nie moet skuldig maak aan onwettige optrede nie.

Die Vryburger se spesiale korrespondent in die Noord-Kaap berig dat skole intussen moes sluit en veldbrande word oral ervaar gedurende die afgelope drie weke.

Na verneem word is die hoofrede vir die onrus by die myn toe te skryf aan ’n aantal afsettings wat gedoen is. Die vermoede bestaan dat die afsettings nie enige onrus sou veroorsaak nie maar dat Malema die werkers opgesteek het om te begin met verset aksies.