LUGPLANTE OF EPIFIETE

Lugplante groei normaalweg op ander plante, soos in boomtakke en ook op houtstompe. Hulle is nie parasiete nie, hul gebruik die plant waarop hul groei net vir ondersteuning en leef van die humus wat in die bome se takke voorkom.

Hulle hoef nooit enige voeding te kry nie. Die plante kom oorspronklik van die tropiese gebiede af, daarom moet hulle gereeld natgespuit of gesproei word met skoon water. Hul moet beskerm word teen ryp en erge koue. Hul blom ook gereeld elke jaar en verskaf groot plesier. Die takbokvaring, bromeliads en baie orgideë is ook epifiete.

Geniet jou lugplante terdeë