LG ook in die resies met slimfoon

LG Electronics het sy nuwe slimfoon bekend gestel. Die slimfoon moet teen Samsung en Apple meeding.

Die Suid-Koreaanse elektronika-reus het gesê die nuwe toestel, die Optimus G, sal volgende week in Suid-Korea beskikbaar wees. Daarna word dit in Oktober na Japan verskeep.
Die toestel sal in blykbaar eers in November in die res van die wêreld beskikbaar wees.

Die bekendstelling kom minder as ‘n week na Apple sy nuwe iPhone 5 vrygestel het waarvan meer as twee miljoen bestellings binne 24 uur geplaas is.

Samsung, wat al meer as 20 miljoen van sy Galaxy SII , wat in Mei bekend gestel is, verkoop. Samsung sal binnekort die nuutste weergawe van sy Galaxy Note bekend stel.