Kikker jou huis op met kruiekerse

Die volgende keer as Eskom weer skitter in hul afwesigheid kan kruiekerse jou aand verlig.

By stokperdjie-winkels is die belangrikste materiaal bekombaar om kruiekerse te maak

Materiaal:

Reuklose paraffienwas of gewone wit kerse wat gerasper word.

Pitte of ‘n toutjie

Gietvorms of enige blikkies of plastiekhouers

Gedroogde kruie soos roosmaryn, laventel,
bonekruid, tiemie en ment is geskik daarvoor. Kruieolie soos pepermentolie
kan ook druppelgewys bygegooi word.

Metode:
Bind die kerspit aan ‘n stokkie vas, laat die pit in die middel van die
gietvorm hang. Onthou die gaatjie aan die onderkant om die pit deur te steek
as jy jou eie vorm gebruik.

Gedroogde kruie word by die gesmelte was gevoeg net voordat
dit in die vorms gegiet word.

Trek die pit styf en plak vas onder. (Ook oor die gaatjie sodat die was nie uitloop.)
Plaas paraffienwas of gerasperde kerse in die boonste deel van ‘n drukkoker of dubbelkoker.
Smelt en roer die gedroogde kruie by en giet onmiddellik in die vorms. Maak seker die pit bly in die middel.
Laat afkoel, die kerwas sal effens krimp. Vul op met nog was
tot dit gelyk en glad is. Laat die vorm in ‘n beker koue water staan.
Moenie dat water in die was kom nie. Plaas so in yskas. Sodra koud
is, keer die kers uit. Knip die pit korter as dit te lank is. Vee die
kers af met watte wat in olyfolie gedoop is.