Kanadese Ekonomie versorg sy burgers

Spesiale verslag uit Kanada

Ons medewerker uit Kanada berig dat hulle deel is van byna 6 miljoen Kanadese wat aan die Kanadese regering se pensioen fonds behoort. Die burgery is tevrede en gelukkig om te verneem dat die markwaarde van dié fonds met 4.1% verbeter het tot en met 1 triljoen Kanadese Dollars.

Statistiek Kanada sê dis die grootste groei sedert 2010. Pensioenfonds inkomste het derhalwe verbeter met 26.7% tot en met 37 biljoen Kanadese Dollars. Die toekoms vir afgetrede Kanadese lyk rooskleurig.

’n Woordvoerder van Oranjekas het aan Die Vryburger gesê dat dit ’n sprekende voorbeeld is van hoe ’n volk sy mense versorg wat oor etlike dekades hard gewerk het tot voordeel van die hele land en al sy mense.