Kaap van Storms !

Op die eerste dag van September wat as lentedag bekend staan, was by Seepunt alles behalwe lenteweer. Groot branders en koue was deel van die hele naweek se gebeure.

Die winter het nog nie gewyk in die Wes-Kaap nie. Die nagtemperatuur is op sommige plekke nog steeds onder vriespunt terwyl die dae soms ’n maksimum van 10 grade bereik.

Talle toeriste uit die binneland het die afgelope naweek verkies om terug te keer huis toe, en ander het nie ’n voet uit die gastehuis gesit nie.