Ivoorkus het ook staatsgreep probleme

Drie mans is in Ghana in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n staatsgreep in die Ivoorkus beplan het, het die polisie gesê.

Die mans wou glo wapens koop toe hulle in hegtenis geneem is. Altesaam 20 mense is verlede maand dood in aanvalle in die Ivoorkus.

Die Ivoorkus se regering blameer ondersteuners van die land se voormalige president, Laurent Gbagbo, wat in ballingskap in Ghana woon, vir die geweld in die land.

Stephen Andoh-Kwofie, adjunk-polisie kommissaris, sê die mans is Vrydag in Cape Coast deur geheime polisiebeamptes wat hulself as wapenhandelaars voorgedoen het, in hegtenis geneem.