Hierdie lelie word aangetref in die droë streke van ons land soos die verre Noord Transvaal. Dit is nogal gehard en ’n vetplantagtige struik of boom. Hy word tussen ’n half-meter en 3 meter hoog.
Die lelie groei baie stadig en lyk soos ’n miniatuur kremetartboom met ’n blink gryserige opgeswelde stam met lang takke. Dit moet in goed gedreineerde grond in vol-son geplant word. Hy is tevrede met min water in die somer en geen water in die winter nie.
In ander lande word hy ook die “Desert Rose” genoem.
Hy verloor sy blink grys-groen blare voordat hy blom en die blomme is welriekend, wit tot ligte pienk met ’n donker pienk randjie om die blaartjies. Die blomme is nie giftig nie. Dit hou baie lank aan die plant en na die blomtyd verskyn die peulagtige sade. Hy kan met steggies geplant word of ook met die saad, wat dadelik geplant moet word want die saad bly nie lank vrugbaar nie.
Die plant is toksies en kan vel irritasies veroorsaak.
Waar kan ek Impala Lelie (Adenium Multiflorum) saad of steggies in die hande kry?
Kruger wildtuin Skukuza kwekery
Ek het vandag een gekoop by Flora Farm Kwekery in Boksburg
Sal die plant in Bronkhorstspruit groei?
Sal die plant in die Kaap groei?
Hoe snoei ek my plant en watter soort grond en voedsel moet hy kry. Betsie. Net 1 lang stingel.
Moet verplant gesnoei en kos gegee word. Hoe gemaak en wat gebruik ek. Dankie
Goeie dag
Hoe diep moet die Impala lelie se saad geplant word
en as ek steggies wil maak hoe gaan ek te werk
Dankie wag inspanning
Kotie Baxter
Goeie more
Hoe plant ‘n mens Impala lelie uit in ‘n pot?
Moet ek bekommerd wees as daar so witerige skimmel op die stam is nie baie nie kom so plek plek vir op die stamme
Baie dankie
Hoe lank hou die impala lelie se Saad. Wil koop maar bang dit vat nie. En hoe lank na dit gesaai is loop hulle uit?
9
Rozaan
Ek het my plant by Stodels in Somerset Wes gekoop maar woon op die Weskus. My Impala lelie staan in ’n pot op ’n toe-stoep en kry volson (noord en wes) maar is beskut. Dit kry een keer ’n maand bietjie plantkos en twee keer ’n week bietjie water. Dit was ’n uitstekende koop, ek het baie plesier van hierdie gunstelingplant wat maande aaneen blom.
Ek trek vrystaat toe waar dit in di winter erg ryp sal my impala lelie doodryp