Herrie na studies bewys dat Monsanto se “voedsel” kan kanker veroorsaak.

Rotte wat ‘n lewenslange dieët van een van Monsanto se top geneties gemanipuleerde mielies gevoer is, het kankergewasse en orgaanskade opgedoen, volgens ‘n Franse studie wat verlede week gepubliseer is.

Ofskoon die wetenskaplikes skokkende foto’s van hulle studie gepubliseer het, is hulle nietemin deur ander wetenskaplikes gekritiseer wat die studie as “van geen waarde” afgemaak het.
Gilles-Eric Seralini van die Universiteit van Caen en sy kollegas het bevind dat rotte wat ‘n dieët wat NK603 bevat – ‘n variëteit wat met Monsanto se onkruiddoder Roundup behandel is, of wat water gedrink het wat die middel bevat het, almal vroeg gevrek het.
Monsanto hou egter vol dat daar geen “substansiële bewyse” vir die aansprake is nie. In Frankryk het die studie egter nuwe stimulus gegee aan die verbod op die plant en verbruik van genetiese gemanipuleerde (GG) voedsel.
.Ofskoon Monsanto geen verklaring uitgereik het nie, is die debat ook in Amerika weer hervat. In ‘n nuwe studie wat in die volgende uitgawe van die Food & Chemical Toxicology Journal in New York verskyn, word dieselfde resultate as die Franse gerapporteer.
“Hierdie navorsing bewys dat kwaadaardige gewasse vroeër en agressiewer – veral in vrouens ontwikkel. Ek is geskok deur die negatiewe impak,” het Dr. Michael Antoniou, molekulêre bioloog verbonde aan die King’s College London School of Medicine,gesê.

Die studie kom op dieselfde tydstip as wat die verbruikers in Kalifornië poog om chemiese en geneties-manupilerende maatskappye soos bv. Monsanto te forseer om hulle produkte op alle verbruikersgoedere te lys sodat die verbruiker ‘n ingeligte besluit oor sy inkopies kan maak. Om die wetgewing te beveg het Monsanto en soortgelyke maatskappye reeds $20 miljoen spandeer.

Dit is belangrik om daarop te let dat GG-voedsel ook in Suid-Afrika op die rakke te koop is. Veral wanneer dit by ontbytkosse en graanprodukte kom sal dit die moeite loon om te sien wat eg is en wat nagemaak is.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging het gesê: “Ons as volk gaan onder talle probleme gebuk wat ons blymoedig en met geloof in die gesig staar. Niks gaan egter help as jy jou gesondheid benadeel deur nie te let op wat jy eet nie. In talle gevalle kan ‘n mens maar die produk weggooi en liewer die boks eet.”