Grondwethof: Kan e-Tolhekke begin?

Die Grondwethof het in sy uitspraak bepaal dat die toepassing van die e-tolstelsel moontlik kan voortgaan.

Dit volg nadat regter Bill Prinsloo gedurende April 2012 bepaal het dat OUTA se aansoek om die implementering te verhoed, toegestaan is.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die nasionale tesourie het dié interdik teengestaan. Die uitspraak beteken in praktyk dat Sanral vanaf Vrydag, 20 September die tolgeld mag hef op snelweë.

Dit is egter onwaarskynlik dat tolgeld só gou gehef sal word aangesien die stelsel nognie behoorlik getoets is nie..