Gaan die Jakarandastad nou Tshwane word?

Op 6 Oktober 2012 sal daar blykbaar begin word met die proses van vergaderings om die naam van die hoofstad Pretoria te verander na ’n naam wat moet inpas by die nuwe Suid-Afrika.

Die Tshwane-metro sal op dié dag openbare vergaderings hou oor die verandering van Pretoria se naam.

Vroeër vanjaar was daar gerugte dat die ANC regime ’n kompromis oorweeg om af te sien van sy plan om Pretoria se naam te verander. Nou is die regerende party die voorprater om die naam te verander.

Die burgemeester het gesê: “Daar moet transformasie wees in die hele land en Pretoria sal dit nie vryspring nie. Die regte proses moet egter gevolg word en daar moet behoorlike oorlegpleging met gemeenskappe wees.”